Saterdag 2 Oktober

Johannes 15:13-17
Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”

Om oor te gesels en dink:
As Johannes die beeld van die druiwestok verder verduidelik, sê hy dat ons Jesus se vriende geword het. Hy het onsself uitgekies om uit te gaan en vrug te dra, soos goeie lote. Hierdie vrug is sigbaar vir almal met wie ons in aanraking kom. Soos goeie vriende, dra ons mekaar se belange op die hart en koester die verhouding en vriendskap.
Wanneer ons in hierdie intieme verhouding leef, kan ons die Vader vra om vir ons te gee wat binne Sy wil is. Ons kan Hom daarvoor vertrou.
Jesus gee ook ‘n opdrag: ons moet mekaar lief hê. Opofferende liefde is die enigste manier. Soos wat Jesus Sy lewe geoffer het, moet ons ook selfopofferende liefde betoon teenoor alle mense.

  • Wat het jy hierdie week ontdek in jou verhouding met Jesus?
  • Wat kan jy doen om meer vrug te dra?
  • Wat beteken Jesus se vriendskap met jou?

Gebed
Here Jesus, dankie dat U my U uitgekies het en my U vriend gemaak het. Dankie vir U liefde vir my. Help my om ook lief te hê soos wat U lief het. Mag ek U liefde nog meer ervaar. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika