Matteus 6:11
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood
Matteus 7:7-11
"Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
- Soms voel dit vir ons of God baie anders as mense moet optree.
- Tog kom God in die Onse Vader en sê aan ons dat Hy soos enige goeie vader vir Sy kinders wil sorg.
- En net soos in enige gesin kan ons daarop staatmaak dat ons vader uit liefde sal sorg.
- Jy as pa, mag God jou voorbeeld wees van omgee en sorg vir jou gesin.
- En ons as God se kinders, kom ons leef binne God se liefdevolle versorging.
Om oor te dink:
- God sê ons mag vra wat ons nodig mag hê. Gee
- God sê ons moet nie net aan onsself dink maar aan ander en ook die skepping as ons bid Ons
- Hy sê ons moet gister agter los en nie top oor môre as ons bid nie Vandag
- Hy sê ons moet bid vir God se aanhoudende sorg. Genoeg en herhalend. Daaglikse
- En ons mag God se sorg verwag en afwag en daarvan leef. En ook vooruit kyk na die ewige lewe. Brood
- Kom ons bid so.
Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Amen