Saterdag 20 Mei 2023

Matteus 5:23-24
As iemand 'n regsaak teen jou begin, kom betyds tot 'n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie. Dit verseker Ek jou: Jy sal sekerlik nie daar uitkom voordat jy die laaste sent betaal het nie.

Om oor te gesels en te dink
Jesus gee nog ‘n voorbeeld om te wys dat dit belangrik is om in vrede met mense te leef. In daardie tyd het die mense mekaar vir die geringste skuld voor regters gebring wat nie hulle belange beskerm het nie. Daarom moedig Jesus sy dissipels en ons aan om sover moontlik in vrede met die mense om ons te lewe. Ons verhouding met ander weerspieël ons verhouding met God.
Dit is nie ‘n maklike saak nie, maar laat ons ons beywer om die ekstra myl te stap en die mindere te wees om ‘n verhouding te koester. Op hierdie manier wys ons dat Jesus se liefde ‘n verskil in ons lewens maak en dat ons deel van Sy koninkryk is. Jesus vra dat ons met ‘n liefdevolle hart mense dien.

Gebed
Here Jesus, ek wil U liefde uitleef omdat U my eerste liefgehad het. Help my om vandag vir iemand die ekstra myl te stap. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika