Saterdag 21 Augustus

Jesaja 41:10

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Om oor te gesels of te dink:
Soms raak ons moeg, veral as gevolg van verlies. Daar is heelwat tipes verlies wat ons in die tyd beleef, bv. dinge wat net nie meer dieselfde gedoen kan word nie. Dit is dus natuurlik dat ons wonder of ons nog regtig vreugde in 'n tyd van verlies kan ervaar? Wat nog te sĂȘ te midde van bekommernis?

  • Waaroor is jy bang?
  • Dink terug aan die afgelope tyd, waar het God jou versterk?
  • Waar het jy onlangs beleef dat God jou vashou?

Hoor vandag hierdie woorde van Jesaja, wat ook vir jou bedoel is.

Gebed
Here, selfs as ek bang is, is U by my.
Selfs as ek bekommerd is, verlaat U my nooit.
U versterk my.
Here, my Here,
U hou my vas.
Altyd.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika