Saterdag 22 April 2023

Johannes 20:18
“Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het"

Om oor te gesels en te dink
Maria het gaan getuig van Jesus se opstanding. Sy het ook met die dissipels gedeel wat Jesus vir haar gesê het. Om te getuig is om met jou lewe van Jesus se opstanding te getuig, maar ook om te deel wat God sê: dit wat ons in God se Woord leer, uit persoonlike ervaring van God beleef of hoor en dit wat God in ons lewe doen. Dit is woord en aksie.

Waar het jy nodig om in woorde van God te getuig? Dit wat God al in jou lewe gedoen het? Is daar iemand wat in jou gedagtes opkom? Of sal jy oop wees om te deel, wanneer die geleentheid na vore kom?

Gebed
Here, ek dink terug aan… toe ek U beleef het. Ek het U nes Maria al beleef en in my lewe gesien! U het opgestaan! Help my om te sien waar ek in woord ook moet getuig. Ek sing vandag van 'n Nuwe toekoms
Ek is in U hand met die wete
U is aan my kant in oorwinning
Sal ek vir altyd triomfeer
Nuwe lewe
Amen.


Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika