Lukas 15:20-24
““Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom. Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’ Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ‘n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.”
Om oor te gesels en te dink
Hierdie week het ons nagedink oor genade. Genade wat ons onverdiend van God ontvang, asook ons eie genade waarmee ons met tye onregverdig te werk gaan. Hierdie is ‘n bekende teksgedeelte oor die verlore seun, of soos sommige verwys die verlore seuns. Ons fokus vandag op die eerste seun wat weggeloop het. Wanneer hy tot inkeer kom oor hoe onregverdig hy teenoor sy pa opgetree het en terugkom, word hy verras en oorweldig met genade. As ons hierdie gelykenis vergelyk met God as Ouer weet ons, of ken ons dit dalk self, dat God ons ook altyd oorweldig met Sy genade.
Dink na oor die volgende:
< Waar in jou lewe was jy so diep bewus van God se genade soos in hierde gelykenis?
< Stap vandag deur jou huis en raak aan verskillende items. Soos jy daaraan raak en voel, raak weereens bewus dat selfs die kos gesien kan word as sorg en genade.
Gebed: Bid vandag hierdie lirieke van die bekende lied ‘Genade’
“Genade onbeskryflik groot
Het U aan my bewys
Verlore seun, ‘n wegloopkind
Weer in die Vaderhuis
Ek is die naam van kind nie werd
Wou self my sake reël
My lewe, kanse, tyd en geld
Is nutteloos verspeel.”
Genade onbeskryflik groot
Daars fees, ek is weer tuis