Saterdag 23 Januarie

2 Korintiërs 1:1-7

2 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!

Ons het hierdie week in diepte na hierdie 7 verse gekyk en ook nagedink wat dit vir ons beteken, hier en nou.

Ons het gesien:

  • Moeilikheid en bemoediging is deel van ons lewens as volgelinge van Jesus.
  • Wanneer ons in allerlei moeilikhede verkeer het ons die geleentheid om vir God en mense op ’n dieper manier te ken en te ervaar.
  • Ons moeilikhede is toerusting om ander mense te bedien, so vreemd soos dit vir ons mag klink.
  • Wanneer ons onsself volgelinge van Jesus noem, beteken dit dat ons lewens ook soos Syne gaan lyk, en dat ons deel in beide Sy lyding en Sy bemoediging.
  • Dat ons met geduld hierdie lyding moet verduur.

Dis belangrik om te weet dat hierdie gedeelte ons nie dring om moeilikhede te gaan soek nie. Dit dring ons eerder om getrou te bly in tye van swaarkry en beproewing.
Getrouheid aan Jesus beteken beproewings in hierdie wêreld, getrouheid aan Jesus beteken ook dat jy Goddelike bemoediging, troos en liefde sal ervaar, ook in hierdie wêreld.

Om oor te dink:

  • Is jy al bedien deur iemand wat deur dieselfde moeilikhede as jy gegaan het? Wat het dit vir jou beteken?
  • Wat maak dat jy sukkel om aan Jesus getrou te bly in moeilikhede?
  • Wie kan jy bemoedig wat tans deur moeilikhede en beproewings gaan?
  • Wat beteken dit vir jou om vandag vir God te prys as die Vader wat Hom oor ons ontferm?

Suffering has never wrecked a persons faith, it has always revealed a persons faith. Bryan Loritts

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika