God se genade is genoeg
2 Korintiërs 12:8-10
Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.
Om oor te gesels en dink:
Waarmee worstel jy tans? Waarvoor het jy die Here se genade nodig? Wat sal jy graag vir die Here wil vra?
Hou vas aan die belofte dat die Here se genade ook vir jou vandag genoeg is.
Gebed
Here God, U is altyd goed en genadig. Soms raak dinge te veel en dan voel ek swak en oorweldig. Ek wil graag eerder sterk wees, maar dankie vir U Woord wat my herinner dat U genade vir my genoeg is. Juis wanneer ek swak is, is ek sterk. Mag ek opnuut U genade so beleef, dat ek my swakhede vir U gee en U daarmee vertrou.
Amen.