Psalm 3
2Ek het so baie vyande, Here! Baie kom in opstand teen my. 3Daar is talle wat van my sê: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!” Sela 4Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien. 5As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela 6As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my. 7Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie. 8Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan. 9Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met u volk.
rou VRAE:
rou OEFENING:
rou Gebed:
Here, help my om my vingers, een vir een, oop te forseer, sodat ek dit kan laat gaan wat my nie dien of versadig nie. Here, maak my begeertes oop vir die plek waar U my sal ontmoet. Here, help my om terug te keer na dit wat my lewe gee en energie verfris.
Amen