Saterdag 25 Maart 2023

Romeine 12:9-15
9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. 12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. 14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.

rou VRAE:

  • Dink aan ’n tyd waar jy werklik kon huil saam met hulle wat huil en bly kon wees saam met hulle wat bly is. Kan jy dit vandag doen? Waarom of waarom nie?
  • Wat het jy nodig om in die oomblik te wees saam met die mense om jou?

rou OEFENING:

  • Luister na die lied, "Wees stil en weet" (https://www.youtube.com/watch?v=ui8FVlY-j1o).
    Herinner jouself vandag wie God is in hierdie oomblik. Wees net teenwoordig.

rou GEBED:
Here, gee asb. vir my die vryheid om vir myself die waarheid te kan vertel. Here, gee asb. vandag vir my die geskenk van iemand wat na my luister. Here, wanneer ek waarheid in ander se lewens moet inspreek, help my om dit stadig en met genade te doen. Here, help my om die waarheid op sagte maniere te deel.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika