Maandag 28 Augustus 2023

Romeine 12:9
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

VRAE:

  • Paulus moedig die Geloofsfamilie van Romeine aan om liefde prakties uit te leef. Hy beklemtoon dat die liefde op moet wees. Hy gee vir hulle die opdrag om gasvry te leef met ander. Hy beklemtoon ook hoe belangrik dit is om die kwaad met liefde te ontmoet.
  • Hoe lyk liefde in aksie? Hoe lyk dit prakties in jou lewe? Hoe kan mense sien dat jy liefde beleef, en ook uitleef? Hoe sou die mense in jou lewe getuig van die liefde wat hulle by jou ontvang?
    Wat is die verskil tussen opregte liefde en vals liefde? Hoe weet jy wanneer jy besig is om liefde opreg te gee, of uit verwagting en verpligting te gee? Hoe kan die Here jou help om liefde met meer vrymoedigheid uit te leef? Wat benodig jy?
  • Hoe hou jy vas aan die goeie en hoe vlug jy vir die slegte? Waar in jou lewe is daar tekens hiervan? Watter versoeking is vir jou baie moeilik om voor nee te sê? Hoe kan jou hartsmense jou hiermee help? Hoe kan liefde jou help om nee te sê vir die versoekings?

Gebed:
Here, help my om opreg en outentiek lief te hê. Here, gee vir ons die wysheid om dit wat sleg is te haat en dit wat goed is na te jaag. Here, mag ons lewens U reflekteer. Here, mag ons deur U liefde getransformeer wees om vir ander genade en liefde te gee.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika