Saterdag 26 Augustus 2023

1 Petrus 4:8
Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.

VRAE:

  • Opregte, onvoorwaardelike, agape liefde kan wonde en verhoudings binne huishoudings en families herstel. Hierdie tipe liefde vra dat ons soms van onsself opoffer, dat ons nederig dien, dat ons ander se behoeftes raaksien en bevredig. Hierdie tipe liefde is nie jaloers nie en dit floreer nie in selfsug nie. Liefde soek oplossings , vrede en genesing.
  • Hoe kan julle ‘n gees van diep liefde binne julle huishouding en families te vestig? Hoe kan julle dit vandag doelbewus begin doen?
  • Hoe kan jy God se liefde en opoffering uitleef oral waar jy gaan? Hoe kan jy jou unieke gawes en eienskappe gebruik tot eer van God?

Gebed:
Here, wys my om ander onvoorwaardelik en opreg lief te hê. Here, wys my asb. hoe om ander lief te hê soos U my lief het. Here, mag my optredes en menswees U transformerende liefde reflekteer. Here, mag ons huishouding en ons familie ‘n getuie wees van U wese.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika