Saterdag 26 November 2022

Johannes 17:1-5 (1983 Vertaling)

1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 2 U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee. 3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is. 4 Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. 5 Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het.

Ons het hierdie week saam geleer oor:

  1. Gebed om die Seun te verheerlik. (v 1-2)
  2. Gebed as ‘n ervaring van die ewige lewe. (v 3)
  3. Gebed om getrou ons werk te voltooi. (v 4-5)

Tydens die reformasie (van 1517 af), toe die Kerk haarself moes herorienteer en weer terugkom op die pad waarvoor Sy geroep is, het die mense van die reformasie ’n basiese stel teologiese beginsels identifiseer waarvolgens die Kerk haarself moes inrig en moes leef. Een van hulle is Soli Deo Gloria, of Aan God alleen die Eer.

Ons lewens, as individue en as geloofsfamilie gaan alles oor God se Eer, en dit gaan daaroor dat ons op so manier leef dat God alleen die Eer ontvang.
Vir God om eer uit ons lewens te ontvang, beteken dat mense Sy karakter en Sy teenwoordigheid sal ken deur ons lewens. Dat hulle iets van Hom sal sien en ervaar, en dat dit hulle sal oortuig dat Hy werklik is wie Hy sê Hy is. Wanneer ons erns maak met hierdie gebed van Jesus, en ons gebed en ons harte daarmee belyn, gaan ons geposisioneer weer om tot God se eer te leef, want ons gaan daarvoor bid en daarvoor vra.

Ek herhaal die vrae wat ek jou Maandag gevra het:

  1. Hoe bid jy?
  2. Waarvoor bid jy?
  3. Wanneer bid jy?

Dink vandag daaroor na terwyl jy weer die week se teksgedeelte lees.

“Light yourself on fire with passion and people will come from miles to watch you burn.” John Wesley

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika