Saterdag 26 September

ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!

Skriflesing: 1 Petrus 1:13-17

Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. 14 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16 Daar staan immers geskrywe: "Wees heilig, want Ek is heilig." 17 Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld.

Om oor na te dink

  • Jesus het nie aan die kruis gesterf net sodat ons hemel toe kan gaan nie.
  • Sy sterwe het ook ‘n weg gebaan sodat ons herstel kan word.
  • Hy roep ons op om soos Hy te wees; om Hom te verteenwoordig hier op aarde.
  • Ons moet die lig van die wêreld wees, die sout van die aarde.
  • Ons moet God se koninkryk laat kom.
  • Slegs dan sal die krag van die Koninkryk ten volle sigbaar word in ons gevalle wêreld.
  • Hy het ons die Heilige Gees gegee en alles wat nodig is om dit te kan doen.
  • Dit is tyd dat ons onsself toewy aan hierdie proses en beheer oorgee aan sy Koningskap in elke aspek van ons lewens.

Om voor te bid

  • Dank God vir Sy redding en genade.
  • Bid vir insig om Sy koninkryk sigbaar te maak in ons lewens.
  • Bid vir wysheid vir jou gemeeteleiers dat die kerk se aksies God se koninkryk sal laat kom in die wêreld.
  • Bid dat God ons land sal neem, en Sy koninkryk in ons land sal laat kom.
  • Dank God dat Sy koninkryk besig is om te kom deur ons, die kerk en die Heilige Gees se inwerking.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika