Jakobus 1:2-5
“My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.”
Om oor te gesels en te dink
Jakobus bevestig ook dat ons bly moet wees as daar beproewings oor ons pad kom. Dit toets ons geloof, maar dit kweek volharding wat lei tot geestelike rypheid. Dit is nie maklik om bly te wees as dit swaar gaan nie, maar wanneer ons in moeilike situasies is, kan ons bid en vra vir wysheid.
God gee aan almal wysheid (en vreugde) sonder voorbehoud en sonder verwyt. Ons hoef nie moedeloos te word nie. Hy stel ons in staat om end-uit te volhard.
Gebed
Here, ek is nie altyd bly oor dinge wat gebeur nie. Ek kom vra wysheid. Mag ek aanhou om te volhard. Amen.