God is Beskermer
Psalm 119:114
114By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.
Om oor te gesels:
- Hierdie vers is in ‘n 8 vers eenheid van vers 113-120. Dit gedeelte handel daaroor dat ons altyd veilig is by God, in Sy Woord. In God se Woord leer ons Hom intiem ken, ons leer om God te volle te vertrou, ons word beskerm deur God se beloftes wat Hy aan ons gemaak het in Sy Woord. Sou jy jou eie verhouding met God se Woord so intiem beskryf? Voel jy so veilig en beskerm deur God en Sy Woord?
- Die gedeelte stel die beskerming van God en die veilig hou in Sy Woord in kontras met die skynheiligheid van die wêreld. Die wêreld verander konstant hulle verwagtinge, hulle leuens en wisselvalligheid. Daar is geen vaste grond of vrede nie. Dit is lynreg teenoor God se beskerming en veilig hou. Het jy ervarings van waar die wêreld en die lewe om jou, jou te nagekom het en teleurgestel het?
- As jy dink oor God as beskermer, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.
Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Berskermer
Ek hou niks van skynheiliges nie, maar ek het U wet baie lief.
By U kruip ek weg, want U is baie sterk, U pas my goed op.
Ek wag op u Woord om my sterk te maak.
Julle spul slegte mense moet dadelik padgee sodat ek kan doen wat my God sê.
Here, hou my hand styf vas soos U beloof het, dan sal ek voluit lewe.
Moenie my teleurstel nie, kyk dan net hoe glo ek in U.
Hou my regop, dan is alles in orde, dan sal ek doen wat U sê.
U hou niks van mense wat nie na U luister nie.
Hulle praat ’n spul leuens.
U vee goddelose mense van die aarde af soos ’n klomp rommel;
daarom is ek so lief vir u Woord. Ek het baie groot respek vir U.
Dit wat U doen, vul my met ontsag. U is goed.
Amen