Saterdag 29 Oktober 2022

Matteus 25:37-40
Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Om oor te gesels en dink
Jesus leer ons dat ons nie altyd weet wanneer ons dade vir iemand iets beteken nie. In die gelykenis is die mense verbaas om te dink dat hulle Jesus gedien het. Jesus sê dat sover ons een van die geringstes gehelp het, het ons dit vir Hom gedoen. Ons kan dus Jesus ontmoet en help in die alledaagse wat ons doen. Ons moet nie die geleenthede mis nie. Dit is nie verniet nie. Spreuke 19:17 sê: “Wie hom oor 'n arm mens ontferm, gee 'n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.
Ons word uitgenooi om Jesus se hande en voete vir mense om ons te wees, selfs die wat ons dink dit nie verdien nie.

Gebed
Here, ek wil graag U wil doen. Help my om ander te help, selfs die geringstes. Mag ek ontdek dat ek U dien as ek mense om my help en gee. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika