Saterdag 3 Desember 2022

Johannes 3:19-21
19En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Om oor te gesels of te dink:

  • Nikodemus kom in die donkerte na Jesus, tydens die Paasfees. Hy wil weet hoe leef hy soos iemand wat werklik glo. Jesus gee vir hom die antwoord. Kom na my in die lig. Wees ‘n lig draer na ander. Later in Johannes (7:50-51 en 19:39-40), is dit Nikodemus wat vir Jesus help. In die lig, waar almal hom kan sien. Sy handelinge in die lig is sigbaar en getuig van sy geloof. Eers waar hy die Joodse raad belet op hulle interpretasie van die wet, wanneer hulle Jesus tot dood wil veroordeel. En Later wanneer Jesus op sy laaste Paasfees gesterf het, en Nikodemus sy liggaam gaan versorg soos die Joodse tradisie dit vereis.
  • Waar in jou lewe is jy bang om in die lig in te tree? Waar is jy skrikkerig om te getuig van die wat jy glo en oortuig is? Waarom is dit so moeilik? Deel met die Here jou hart.
  • Nikodemus het opgestaan vir wat reg is. Nie omdat hy so oulik was nie. Nie omdat hy niks kon verloor nie. Maar slegs omdat hy geglo het en dit in die lig geleef het. Hoe leef jy wat jy glo, in die lig? Wat het jy nodig om jou hiermee te help? Is daar iemand wat jou kan bystaan, saam met jou kan bid en jou verantwoordelik hiervoor kan hou? Nooi hulle in die gesprek in.

Gebed:
Here van my lewe,
Help my om ‘n ligdraer van U te wees. Help my om elke keer die lig te kies. Here, help my om ander na U toe te wys, deur my egte navolg van U.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika