Saterdag 30 April 2022

Matteus 7:21
“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.’

Om oor te gesels of dink
Ons het die week gekyk hoe die Here ons op ons naam ken. Die anderkant daarvan is ook dat ons Hom op die naam moet ken. Jesus, die Here van ons lewens. Maar meer as dit, ons moet ook doen wat Hy van ons vra, as ons sy naam dra. Jesus sê in sy Bergrede dat ons nie die Here se naam kan aanroep en dink dis genoeg nie. Ons moet ook doen wat die wil van die Vader is. Die wil van die Vader is om gehoorsaam te wees aan Sy woord en om ’n verskil in die koninkryk te maak. Dit is om in ’n intieme verhouding met Hom te leef.
Ons kan nie net in naam Christene wees nie. Ons moet ook doeners wees wat anders leef, omdat Jesus ons op die naam ken.

Neem ’n oomblik van stilte
Hoe lyk dit as ek gehoorsaam is en die wil van die Here doen?
Wat beteken die naam van Jesus vir jou?

Gebed
Here, ek wil U wil doen. Ek wil U beter leer ken. Ek wil nie net in naam U ken nie, maar ek wil in alles U volg. Help my om U wil elke dag te soek en te doen. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika