Johannes 15:1&2
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
Om oor te gesels:
Ons kan nie soos skepe in ‘n hawe agter veilige mure bly sit nie. Johannes sê dan snoei God ons uit sy wingerd. Want die doel van lewe is om vrug te dra.
Hoe lyk jou lewe? Is dit net selfversorgend, veilig, wagtend dat ander die werk moet doen en vrugte dra?
Ons kan nie meer agter ander wegkruip nie. God roep jou persoonlik om uit te gaan in die storms van die lewe en vrug te dra.
En dan rus Hy jou toe deur jou onnodighede weg te snoei en jou te vorm vir vrugdra.
Moenie jouself ‘n rat voor die oë draai. God is nie beïndruk met skepe wat in die hawe sit, al is hul hoe mooi opgepas en versorg. God soek jou werkend daar buite in die wêreld.
Lig jou anker en waag dit om uit te vaar!
Gebed