Saterdag 4 Junie 2022

Handelinge 1:9-11
Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

Om oor te gesels of dink
Om hierdie teks gedeelte te lees die dag voor Pinkstersondag kan ons help om iets van God se teenwoordigheid te verstaan. In die Ou Testament lees ons van 'n wolk wat die Israeliete gelei het deur die woestyn. Ons weet ook dat hierdié wolk die Israeliete herinner het aan God se teenwoordigheid by hulle. Jesus wat op 'n wolk wegeneem word moet onmiddelik hierdie beeld van teenwoordigheid in die Ou Testament by ons herrroep.

Neem ’n oomblik van stilte
Jesus wat op 'n wolk weggeneem word bevestig iets van God se teenwoordigheid in hierdie wêreld. God se alomteenwoordigheid.

  • Wat beteken dit in jou lewe dat God teenwoordig is?
    More is Pinkstersondag en vier ons die uitstorting van die Heilige Gees. Die Gees wat in en deur ons werk.
  • Waar het jy die Heilige Gees hierdie afgelope week aan die werk gesien?

Gebed
Here God, dankie dat U teewnwoordig is in my lewe. Dankie dat hierdie teenwoordigheid my lewe lei en rig. U teenwoordigheid is vertroostend. Help my om U te volg. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika