Job 22:21-30
21“Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê. 22Laat Hy jou leer en neem sy woorde ter harte. 23As jy terugkom na die Almagtige toe, sal jy herstel word. As jy die kwaad ver van jou woonplek af hou, 24jou goud as nikswerd beskou, die goud uit Ofir as so min werd as 'n klip in die spruit, 25sal die Almagtige jou goud wees, jou skat aan silwer. 26Dan sal jy jou in die Almagtige verlustig en jou weer tot God wend. 27Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou gebed verhoor, die beloftes wat jy gemaak het, sal jy nakom. 28Wat jy besluit, sal uitgevoer word, dit sal voorspoedig gaan met jou. 29Wanneer mense val en jy vra dat hulle opgetel word, sal God hulle, die ootmoediges, red. 30Hy sal die skuldiges laat vrykom, en hulle sal vrykom deur jou onskuld.”
Om oor te dink:
Die wêreld leer ons dat ons die meesters van ons lewens is. Dat ons alles kan reël, hied en gebied. Niemand kan ons voorsê nie. Ons is in beheer, ons beplan, ons voer uit, ons heers. Die teksgedeelte herinner ons dat God is in beheer, God beplan, God voer uit en God heers. So lank as wat ons teen God veg vir die heerskappy in ons lewens, hoe meer ongelukkigheid is daar. Wanneer ons die knie buig en God laat Heers, ons onderdanig is aan Sy heerskappy, begin ons lewens meer vreugde inhou. Ons begin laste afgooi, meer vrede beleef. Wanneer ons vreugde en vrede in God soek, eerder as die beloftes van die wêreld, maak ons lewens meer sin.
Om oor te gesels:
Gebed: