Saterdag 8 Januarie

Lukas 2:16-21
_ 22Hierna het Jesus en sy dissipels na die platteland van Judea toe gegaan. Hulle het 'n rukkie daar gebly en mense gedoop. 23Johannes was ook besig om te doop, by Enon naby Salim, waar daar baie water was. Die mense het na hom toe gekom en is deur hom gedoop. 24Johannes was nog nie in die tronk gesit nie. 25Daar het toe tussen Johannes se volgelinge en 'n Jood 'n woordewisseling ontstaan oor die reiniging. 26Hulle het na Johannes toe gekom en vir hom gesê: “Rabbi, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy doop ook, en almal gaan na Hom toe.” 27Johannes het hulle geantwoord: “Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. 28Julle is self my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uit gestuur.’ 29Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. 30Hy moet meer word en ek minder._

Om oor te gesels of te dink:

  • In hierdie gedeelte kan ons sien hoe ons menslike ego’s na vore kom. Die veronderstelling van Johannes se dissipels en die Jood is dat Johannes verontwaardig gaan wees, dat die man wat Johannes gedoop het, nou self mense doop. Johannes se antwoord vang hulle egter onkant. Johannes beklemtoon dat dit so moet wees. Hy herinner hulle, en dalk ook homself dat die “eie ek” minder moet word en Jesus meer en meer moet word.
  • Was daar al ooit geleenthede in jou lewe waar jy gedink het jy staan op vir wat reg is, wat jy is seker God sou hier verontwaardig wees? Was jy al ooit oortuig dat jy die Here moet beskerm of verdedig? Hoeveel van daardie geleentheid was werklik oor die Here, en hoeveel van dit het nie dalk ook die ego probeer beskerm nie? Wees eerlik wanneer jy by die Here sit met hierdie gevalle.
  • Die Here is groot en magtig. Hy kan en sal vir Homself opstaan en verdedig sou dit so nodig wees. Hy het nie nodig dat ons Sy gevegte veg nie. Glo jy dat God Homself kan openbaar en bekend maak soos en wanneer Hy wil in situasies waar dit lyk asof die vyand triomfeer? Is daar enige iets in hierdie vrae wat jou ongemaklik maak of ander emosie wek? Deel dit met die Here. Waarom is daar ‘n reaksie?
  • Johannes verduidelik vir sy dissipels dat die mag om enige van God se werk te doen van die Here self kom en dat ons juis moet verheug wanneer God teenwoordig is, besig is om Sy werk te doen. Waarvoor ons opgeroep word in om dit te doen wat Hy ons voor roep, in verhouding met Hom te wees, en altyd terug te verwys na Hom deur Sy naam te eer. Hoe doen jy dit by die huis, die werk en waar jy leef?

Gebed:
Here, meer van U en minder van myself.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika