Matteus 25:21
Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’
VRAE:
- Ek is seker dat elkeen van ons aan die einde van ons loopbaan sal wil kom en wil getuig daarvan dat ons enduit voluit gewerk het. Dat ons deur die werk vreugde beleef het, dat ons van God getuig het en Hom geëer het deur ons werk. Ons sal elkeen graag wil hoor hoe God vir ons sê: “Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue werker.” Dat Hy ons in sy arms opneem en huis toe neem. Dat ons dan met vrymoedigheid en vrede by God kan rus.
- Hoe kan jy enduit volhard in die werk waarmee jy besig is? Hoe kan jy lewenslank waarde vind in die werk wat jy doen? Ons lewens en werkslewe gaan ook deur verskeie seisoene. In elke seisoen moet ons weer opnuut inspirasie vind vir die werk wat ons moet doen. Met wie kan jy praat om jou te help met motivering en inspirasie wanneer werk ‘n seisoen beleef wat vir jou swaar is om te hanteer?
- Hoe sou sukses lyk volgens jou? Hoe sou jy weet of jy suksesvol was teen die einde van jou loopbaan? Hoe sou jy dit bepaal? Wat dink jy sou God wou hê, jy moet doen teen die einde van jou loopbaan? Hoe vertrou jy Hom daarvoor? Hoe bly jy getrou in die lang termyn? Deel jou hart met die Here.
Kunswerk: Maria Oosthuizen – My Soul Thirsts For You
https://www.houseofmaria.co.za/collections/a3-prints-only/products/mpp20053-my-soul-thirst-for-you?variant=39938720694370
GEBED
Here, ek wil so graag getrou bly aan U. Ek wil so graag U eer met die werk wat ek doen. Ek wil so graag vir U vra om my lewenslank getrou te hou aan U roeping. Here, help my om elke dag te werk tot die beste van my vermoë. Here, mag ek elke dag U eer bring deur die werk wat ek doen.
Amen