Saterdag 9 Oktober

Sefanja 3:17
Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.

Om oor te gesels en dink:
Na ‘n week se refleksie oor die Shema is dit moontlik dat ons skuldig voel. Ons het hierdie week ‘n moeilike reis van introspeksie gedoen. Ons het gewoner oor ons lojaliteit teenoor God en ons naaste, asook of ons werklik luister en God se wil/opdragte uitvoer. Wees gerus, God is nie net genadig nie – maar vol vreugde oor jou! Stil-tevrede in Sy liefde.

Mag ons uit dankbaarheid probeer om geloofgewoontes, soos om die Shema te bid, te oefen wat ons harte en lewens op God rig.

Gebed
Vir Pretoria in die Lente
Soos ‘n blom na die son draai;
soos die Vaalrivier na die see loop;
soos ‘n Jakaranda sy takke na die hemel oopsprei –
so rig ons ons hart op U, Here.
Amen
(Aangepas: Cas Wepener, Soos ‘n blom na die son draai)

Nog om na te kyk

WORD DEEL

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram