Vrydag 1 September 2023

Romeine 12:21
Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad met die goeie.

VRAE:

  • Paulus moedig mense aan om die kwaad met Jesus se liefde te oorwin. Dit beteken dat ons nie vir ander net gee wat hulle ook uitdeel nie. Dit vra dat ons die vrug van die Gees uitleef en selfdissipline, geduld en selfbeheersing beoefen.
  • Jesus het reeds die kwaad oorwin. Daarom is dit vir ons moontlik om die kwaad te oorwin deur Jesus wat vir ons die krag gee om dit te doen. Dit beteken dat ons negatiwiteit met Jesus se hoop ontmoet. Dit beteken dat ons korrupsie met Jesus se waarheid ontmoet. Dit beteken dat ons onreg met Jesus se selflose liefde ontmoet.
  • Hoe kan ons prakties die kwaad oorwin met dit wat goed is? Waar in jou lewe kan jy dink aan voorbeeld waar Jesus dit deur jou kan doen?
  • Waarom is dit belangrik om aktief op te staan teen die kwaad, eerder as om dit net te vermy en jou oë blind te hou daarvoor?
  • Kan jy ‘n voorbeeld gee van ‘n situasie waar iemand die kwaad oorwin het met dit wat goed is, in jou lewe? Hoe het dit impak gehad op jou?

Gebed:
Here, gee vir ons die krag om die kwaad nie net te vermy nie, maar daarteen aktief op te staan. Here, help ons met die wyse waarop ons dit moet doen. Gee asb. vir ons die wysheid, die woorde en die hart waarmee ons teen kwaad moet opstaan. Here, mag ons agente van verandering wees in ‘n wêreld wat soms so gebroke lyk. Here, mag ons voorbeeld die transformerende krag van Jesus vir ander wys.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika