Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.
Om oor te gesels en te dink
Nog ‘n manier om te dink soos Jesus is om te fokus op alles wat vol skoonheid en mooi is, asook wat ons met verwondering vul. As ons rondom ons kyk is daar so baie dinge om raak te sien. Van ‘n sonsopkoms tot die lag van ‘n kind. Daar is soveel mooi om taak te sien, ons moet net ons oë oopmaak om dit bewustelik raak te sien.
Psalm 8 help ons om die wonder van die skepping raak te sien. Lees die Psalm en dink na oor hoe wonderbaar God alles en ons gemaak het.
Kyk vandag spesiaal rond om die mooi dinge, wat jy dalk elke dag verby stap, raak te sien. Dink oor alles wat mooi is.
Gebed
Here, hoe groot is U Naam oor die hele aarde. U het alles so mooi geskep. Mag ek vandag U skoonheid opnuut weer raak sien. Amen.