Vrydag 12 Augustus 2022

Psalm 37:5
“Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Om oor te gesels en dink
Ons sukkel soms om die Here te vertrou en oor te gee. Hierdie Psalm in die Hebreeus begin elke vers met ’n volgende letter van die alfabet. Mens sou kon sê dat dit alles noem wat jy aan die Here kan oorgee.
Die oorgee en vertrou op die Here lyk vir elkeen van ons anders, maar ons kan weet dat die Here sal sorg. Dit mag dalk nie wees soos ons dink dit moet wees nie, maar Hy bly die Een wat sorg en versorg. Die Boodskap vertaal dit so: “Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg.”
As jy terugkyk, kan jy sien hoe die Here sorg.
Sê vir Hom daarvoor dankie.

Gebed
Here, ek sê vir U dankie vir my lewe. Ek gee my lewe aan U oor. Ek vertrou U. Ek weet U sal sorg. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika