Rut 2:8-12
8Boas sê toe vir Rut: “Luister, my dogter, moenie op 'n ander land gaan are optel nie; moet ook nie hier weggaan nie. Bly hier by die meisies. 9Bly op die land waar hulle oes, en volg hulle. Ek het die mans aangesê om jou nie lastig te val nie. En wanneer jy dors is, gaan na die waterkruike toe en drink van die water wat die werksmense vir hulle geskep het.” 10Rut het diep gebuig voor Boas en gevra: “Waarom is u so goed vir my en stel u belang in my, in 'n buitelander?” 11Boas antwoord haar toe: “Ek weet van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het na die dood van haar man en dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk toe gekom het waarvan jy vantevore niks geweet het nie. 12Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy 'n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.”
Om oor te gesels of te dink:
Gebed:
God gee my die kalmte van gemoed
om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie;
moed om die dinge te verander wat ek kan;
en wysheid om die verskil te ken.
Help my om net een dag op ‘n slag te lewe;
om een oomblik op 'n slag te geniet;
om te aanvaar dat swaarkry deel is van die pad na vrede;
om soos Jesus, hierdie sondige wêreld te neem soos dit is, nie soos ek dit wil hê nie;
om te vertrou dat U alles sal regmaak
as ek my aan U Wil oorgee;
en dat ek redelik gelukkig kan wees in hierdie lewe
en uiters gelukkig met U kan wees vir ewig in die volgende.
Amen.