Vrydag 16 September 2022

Jakobus 4:17
“As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.”

Om oor te gesels en dink
Ons dink dat om die wil van God te doen of om binne God se wil te wees, moeilik is. Jakobus help ons deur te sê dat as ons in afhanklikheid van God lewe en weet wat om die regte ding is om te doen, ons binne God se wil lewe. Die anderkant is ook waar. As ons nie die regte dinge doen wat ons weet ons veronderstel is om te doen nie, doen ons sonde en is buite God se wil.
Jakobus moedig ons aan om op God te vertrou en nie self-gesentreerd te lewe nie. Ons kan met vrymoedigheid die Here vra om vir ons Sy wil elke dag te wys. Ons kan met opregtheid sê: “As die Here wil…” wanneer ek in gehoorsaamheid myself aan God onderwerp.

*Wat kan jy doen om binne God se wil te wees?
*Wat moet jy ophou doen om binne God se wil te wees?

Gebed
Here, ek wil binne U wil leef. Help my om die regte dinge te doen. Ek kies om U te volg. Mag ek U meer ontdek en leef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika