Vrydag 19 Augustus 2022

Handelinge 13:1 (NAV)

1 Onder die profete en leraars in die gemeente in Antiogië was Barnabas, Simeon wat ook Niger genoem is, Lucius van Sirene, Manaen wat saam met die heerser Herodes grootgeword het, en Saulus.

Jesus het in Handelinge 1:8 vir Sy volgelinge gesê dat hulle krag sal ontvang, en dat hulle Sy getuies sal wees van Jerusalem, tot in Judea, Samaria en die uithoeke van die wêreld. Lukas vertel op ’n feitelike en ordelike manier hoe hierdie presies gebeur het.
Handelinge 8-12 vertel hoe die kerk gegroei het van ’n groep mense wat voorheen Joodse gelowiges was en die goeie nuus aanvaar het, tot die kerk uiteindelik ’n groot multi-kulturele kerk geword het in ’n baie diverse stad (Antiogië) vêr van die kerk se wortels in Jerusalem. Dit was merkwaardig!

Aan die begin van Handelinge 13 vertel Lukas dan intensioneel vir ons dat hierdie kerk ’n diverse groep leiers gehad het.

’n Missionale kerk het diverse leiers.
’n Diverse groep leiers beskik oor ’n besondere perspektief van die behoeftes van ’n gemeente en gemeenskap, en saam is ’n diverse groep leiers baie meer kreatief as wat ’n groep leiers sou wees wat op meeste of alle maniere dieselfde is.
’n Diverse gemeente, en ’n diverse groep leiers bevestig ook dat die goeie nuus van Jesus vir alle mense bedoel is, en dat alle mense welkom is in die kerk, want mense sien hierdie diversiteit van voetsoolvlak tot op leierskapsvlak.

  • Wie sien jy as jy daagliks in PvR en die omliggende gebied rondbeweeg?
  • Sien jy ook hierdie mense in ons geloofsfamilie?
  • Is hulle welkom in ons geloofsfamilie?
  • Het ons leiers wat lyk soos die mense vir wie ons geroep en gestuur is en wie ons graag wil dien?
  • Watter rol kan jy speel in die diversiteit van ons geloofsfamilie?

“What will make the people in your neighborhood be glad you are there? Connect with individuals and leaders in the community and begin to meet the perceived needs of the community.” Tim Keller

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika