Vrydag 19 Februarie

Here, leer ons om te bid.
Matteus 6:9

“Ons Vader…”

Elke keer wanneer ons iemand doop, dan sê ons vir mekaar dat “God deur die doop Sy hand na ons toe uitsteek”. Waarom? Want Hy wil in ’n verhouding met ons wees! Jy het dit al gehoor, waarskynlik al vir iemand gesê, en telkemale daaroor nagedink. Doen dit weer…

Die feit dat God, die Skepper en Onderhouer van alles wat ons sien, met jou in ’n verhouding wil wees moet eintlik jou kop te klein te laat voel om dit te kan begryp. God wil ons pa wees. Hy wil hê ons moet Sy kinders wees. Hy wil jou pa wees. Hy wil hê jy moet Sy kind wees!

Pa-en-kind verhoudings in die wêreld waarin ons leef is stukkend. Daarom kan die paragraaf hierbo vir die een persoon in verwondering en met kinderlike opwinding laat, en die ander persoon met angs of geen belangstelling daarin laat.
So hoe nou gemaak?

Wel, die Bybel beskryf hierdie God vir ons in baie persoonlike terme:

  • Hy het jou in jou ma se skoot aanmekaar geweef (Ps 139)
  • Hy ken al die dae van jou lewe (Ps 139)
  • Hy het jou in Sy eie beeld geskape (Gen 1)
  • Hy weet hoeveel hare jy op jou kop het (Luk 12)
  • Hy het jou so lief dat Hy Sy eie seun vir jou gegee het (Joh 3)
  • Hy gee vir jou die ewige lewe, omdat Hy vir ewig saam met jou wil wees!

Die lys gaan aan, en aan, en aan, en aan, en aan.
God is anders as ons aardse pa’s. Die Bybel gee vir ons genoeg getuienis hiervan, dat ek dink dit is die moeite werd om die geloofsprong te neem en Hom “Vader” te noem.

Hoe begin ek? Wel, met “Ons Vader”…

“It is true, then, that as soon as someone becomes a Christian, he or she can and must say `Our Father'; that is one of the marks of grace, one of the first signs of faith. But it will take full Christian maturity to understand, and resonate with, what those words really mean.” N.T. Wright

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika