Vrydag 2 September 2022

1 Samuel 3:8-10
“Die Here het Samuel toe 'n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister! Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê. Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”"

Om oor te gesels en dink
Samuel word letterlik deur die Here geroep. Hy dink dit is Eli wat hom in die middel van die nag roep. Deurmekaar en gedisoriënteerd gaan hy elke keer na Eli. Eli besef dit is die Here wat Samuel roep en deel dit met Samuel. Miskien het ons ook soms iemand in ons lewe nodig wat ons help om te hoor. Of om sin te maak van wat ons hoor.

Neem 'n oomblik van stilte
Wie in jou lewe help jou tans om sin te maak van dit wat jy beleef en hoor van God? Ons het 'n gemeenskap van gelowiges nodig en nabye mense rondom ons, wat ons kan help om te verstaan wat ons van God hoor. Wat hoor jy vandag? En met wie moet jy daaroor gesels?

Gebed
Here, vandag sal ek met… gesels oor… want ek is oortuig daarvan dat ek U stem hoor, maar onseker wat dit is wat ek hoor. Bevestig dit asb. in my gesprekke of interaksie met ander gelowiges. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika