Handelinge 2:36
“Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!"
Om oor te gesels en te dink
Weet jy verseker dat Jesus die Here is? Jy kan rustigheid hieroor hê: Jesus is jou Here en Redder. Hy het vir jou, vir ander en die wêreld aan die kruis gesterf. En die hele wêreld moet dit weet - ons lewens moet getuig dat Jesus die Here is.
Gebed
Here Jesus, dankie dat U vir my mens geword het. Dat U die Here van my lewe is. Ek weet dit verseker: U is my Here en U leef. Ek sing vandag van Nuwe lewe
Here gee U my nuwe vrede
Want U maak my vry van die bande
Waarmee die vyand my wil bind
Amen.