Vrydag 21 Januarie

Jeremia 32:26-27
26Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: 27Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?

Om oor te gesels en dink:
Jeremia troos die volk wat op moedverloor se vlakte sit. Hy gebruik hoop-taal om hulle te herinner dat dit nie gaan oor wat ons hoop nie, maar oor die Een in Wie ons hoop. God is ons enigste ware hoop.
Die Here het met Jeremia gepraat om vir die mense te sê dat hulle moet onthou dat Hy die God van alle mense is en daarom is niks vir Hom onmoontlik nie. Saam met die ander beloftes wat die Here gegee het, herinner Hy die mense dat niks vir Hom onmoontlik is nie.
Verder sê die Here dat Hy ook hulle lot sal verander. Die Here gee uitkoms.

  • Wat is dit wat jy vandag vir die Here wil sê?
  • Is daar iets waaroor jy wil bid wat jy dink onmoontlik vir God is?
  • Gee dit vir Hom en vertrou Hom.
  • Weet dat die Here jou hoor en dat jy jou hart kan deel.

Gebed
Here God, ek kom deel vandag my hart met U. Daar is dinge waaroor ek bekommerd is en nie weet nie. U kan my lot verander, want niks is vir U onmoontlik nie. Ek stel my hoop in U. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika