Vrydag 22 April 2022

Lukas 24:13-15
Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na 'n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af. Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop,

Om oor te gesels of dink:
Die Lukas evangelie begin in 'n wyse met 'n pad wat geloop word. In Lukas 2 lees ons van Josef en Maria wat vanaf Nasaret na Bethlem gereis het omdat daar 'n volkstelling was. Hulle het hierdie reis aangepak terwyl Maria swanger was met Jesus. Lukas 24 eindig in 'n mate met die twee, of te wel drie as mens Jesus insluit, reisigers op pad na Emmaus. Laat mens wonder oor jou eie paaie en reis waarmee jy tans besig is. Of dalk dink jy vandag aan 'n reis van die verlede of toekoms. Dit is 'n innerlike reis waaraan ons vandag dink. Waarheen is jy op pad?

Neem 'n oomblik van stilte
Het jy onlangs gewonder hoekom jy juis met hierdie reis besig is?
Na aanleiding van ons dagstukkies hierdie week, is jy bewus van God wat jou mede-reisiger is?
Wat het jy vandag nodig om verder te stap?

Gebed
Deel vandag met God watter reis jy mee tans besig is. Bedank God wat saam met jou loop. En laastens, deel met God wat jy tans nodig het om verder te stap en verdiep in jou geloof

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika