Vrydag 23 Julie

Genade bring vergifnis

‭‭Lukas 15:28-32‬
28Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; 29maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos ‘n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek ‘n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers ‘n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie.
31Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. 32Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.’

Om oor te gesels en dink:

  • Ons staan hierdie week by genade stil. Uit die gelykenis van die verlore seun, soos dit bekend staan, is die oudste seun ook “verlore.”
  • Hy sukkel om genade vir sy jonger broer te hê en hy dink dat hy geregtig is op dinge wat hy verdien.
  • Daar is ‘n groot verskil tussen die reaksie van die pa en dié van die ouer broer. Die pa het vergewe en is verheug, maar die ouer broer wou niks van vergifnis weet nie en was bitter. Die verskil tussen vreugde en bitterheid lê in ons vermoë om te kan vergewe.
  • Ons mis soms die vreugde van genade omdat ons nie wil vergewe nie. Wrokke steel ons vrede en vreugde.
  • Laat ons wat God se genade ontvang het, deel met ander deur te vergewe en nie bitter te wees nie.

Is daar iemand wat jy moet vergewe? Dit is ‘n moeilike pad maar nodig. God se genade sal jou help hiermee. Vra Hom om jou te help sodat jy ook in die vreugde kan deel.

Gebed
Hemelse Vader, soms voel ek soos die oudste broer wat nie wil vergewe nie. Ek dink ander mense kan nie genade ontvang nie.
Help my om te vergewe en soos te deel in U genade en vreugde.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika