Vrydag 23 Oktober

Matteus 5:1-12

9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

Hierdie kort en kragtige sin van Jesus (vers 9) is die enigste plek in die hele Nuwe Testament waar die woord “vredemakers” gebruik word. Jesus spreek hierdeur die Selote aan. Hulle was ’n Joodse groep in Jesus se leeftyd wat gehoop en geglo het dat die Koninkryk van God deur geweld en oorlog sou kom. “Veg terug” was hulle leuse… Trouens, vir mense wat konstant deur ander mense sleg behandel word was dit nogal ’n aantreklike vooruitsig, om iemand “van hulle eie medisyne” te gee.

Jesus staan teenoor dit. Hy skep ’n nuwe kategorie mense, vredemakers! Later in Matteus 5 gaan Jesus selfs die merkwaardige opdrag gee dat Sy volgelinge vir hulle vyande moet lief wees. Soos die storie van die Nuwe Testament ontvou word hierdie opdrag aan Christene algemene verwagte gedrag van hulle. Mense wat vrede maak, maak staat op hulle pa om vir hulle te sorg en hulle te beskerm, juis daarom sê Jesus dat hulle kinders van God genoem word.

Die tema van “vervolging” is ’n belangrike tema in Matteus. Joodse mense wat in Jesus geglo het, en so vreemd en onderstebo begin lewe het soos Jesus beskryf in die Saligsprekinge, het erge vervolging van hulle familielede en gemeenskappe ervaar. Daarom het gelowiges nodig gehad om te hoor wat Jesus hieroor te sê het. Hoe moes hulle dit hanteer, hoe moes hulle dit verdra? Jesus maak dit duidelik; hou aan om te doen wat reg is!

Hierdie is waarskynlik van die moeilikste woorde van Jesus om te hoor, te aanvaar en aan gehoorsaam te wees. Die tyd waarin ons leef maak dit baie duidelik vir ons: ons sien hoe mense kwaad met kwaad vergeld, ons sien hoe mense van verskillende oortuigings mekaar geweldadig hanteer en dreig om mekaar leed aan te doen. Die nuus is vol konflik tussen groepe wat met “ons” en “hulle” begrens word.

Wat moet Christene doen? Vrede maak! Dan sal ons geseënd wees. Jesus sê so, glo dit!

Om oor the te dink

  • Met wie of tussen wie moet jy vrede maak?
  • Is jy bereid om aan te hou om te doen wat reg is, selfs al word jy daarvoor vervolg?
  • Hoe bring Jesus se beloftes in hierdie twee verse vir jou troos?

”Forgiving does not erase the bitter past. A healed memory is not a deleted memory. Instead, forgiving what we cannot forget creates a new way to remember. We change the memory of our past into a hope for our future.” Lewis Smedes

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika