Vrydag 21 Julie 2023

Matteus 20:9-12
Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon. Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. Hulle vat toe die geld maar begin by die eienaar kla en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’

Om oor te gesels en te dink
'n Interpretasie van hierdie teks is dat die eienaar van die wingerd vir God voorstel. 'n Ander moontlike interpretasie is dat die gelykenis, nes baie ander gelykenisse, ons aandag wil vestig op hoe die Koninkryk van God behoort te werk. Dit sou beteken dat die eienaar nie noodwendig vir God voorstel nie, maar ons uitdaag oor hoe ons in die Koninkryk te werk gaan. Hoe ons moontlik meer genadig en regverdig ander mense behandel vir wat hulle nodig het. Hoe sou God se Koninkryk lyk as daar uitgekyk word vir mense wat minder het?

Dink na oor die volgende:
< Waar kan jy gee omdat jy het, nes die wingerd eienaar?
< Hoe sou dit lyk om mense te help vanuit jou genade wat jy ontvang het?

Gebed
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Ek wil graag vandag raaksien waar ek vanuit die genade wat ek ontvang het, 'n verskil in iemand anders se lewe kan maak. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika