Vrydag 25 Augustus 2023

1 Korintiërs 12:!2
Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus.

VRAE:

  • Elke lid van ons huishoudings en families is uniek gemaak. Elkeen het sy eie gawes, perspektief en behoeftes. In ons diversiteit vind ons ook prag. Net soos die liggaam verskeie dele het wat uniek is en divers is, so is ons ook. Elkeen van ons is veronderstel om ‘n ander doel, rol en taak te verrig of bevredig.
  • Hoe kan julle elkeen se unieke rol, bydrae en gawes vier binne hulle huishouding en familie? Waarvoor dank julle God as dit kom by julle diversiteit?
  • Hoe kan julle, julle unieke krag gebruik om eenheid en konflik op te los? Hoe kan julle mekaar se sterk punte gebruik tot voordeel van julle huishouding en familie?
  • Wanneer laas het julle vir mekaar waardering uitgespreek? Maak vandag tyd om dit te doen. Deel waarom die persoon se gawe, talent of karaktertrek vir jou kosbaar is en hoe dit jou inspireer.

Gebed:
Here, help my om die unieke gawes, eienskappe en perspektiewe binne my huishouding en familie te waardeer en vier. Here, help ons om mekaar te respekteer en hoog te ag. Here, help ons om die bande in ons huishoudings en families te versterk. Here, help ons om tyd en energie in ons verhoudings te bestee.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika