2 Timoteus 3:1-5
Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
Om oor te gesels en dink:
Wanneer ons probeer om nie self gierig of selfusgtig te wees nie, kan dit veral moeilik wees om toe te pas as ons na ander kyk. Hierdie teks in 2 Timoteus wys juis uit dat mense om ons nie noodwendig saam met ons op die Koninkryk van God sal fokus nie. Hulle sal op hul eie oorleweing fokus. Hierdie teks moedig ons aan om nie deel van hierdie denkwyse en ritmes te word nie.
Neem ‘n oomblik van stilte.
Sondag het ons gehoor dat God se Koninkryk belangriker is as ons eie oorlewing. Waaraan laat hierdie stelling jou dink? In watter aspekte van jou lewe probeer jy baie hard om net te kan oorleef? Is dit vir jou moeilik om jou gierigheid en selfsug af te lê, omdat jy kyk na wat ander mense het of doen?
Hierdie teks in 2 Timoteus moedig ons aan om nie gelyk te word aan die wêreld nie. Om nie deel van liefdelose, selfsugtige, geldgierige reis te word nie. Intedeendeel, hierdie teks sê ons moet weg bly van mense wat ons intrek in hierdie lewenswyse.
Gebed
Here, U weet wat my hart begeer. U weet ook met watter mense ek myself tans omring wat dit moeilik maak om nie op U en U Koninkryk te fokus nie. Help my om myself met mense te omring wat dieselfde ritmes en liefde vir U najaag. Vergewe my asb. daar waar ek hiermee sukkel. Amen.