Vrydag 25 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis

Teksvers:
"Die fees van die ongesuurde brood, wat pasga genoem word, was naby. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes wou Jesus uit die weg ruim, maar omdat hulle bang was vir die volk, het hulle nog gesoek na 'n manier om dit te doen." (Lukas 22:1-2)

Identifiseer:
Die aand wat die Nagmaal ingestel is, was NAG. Dit was donker en Jesus was angstig oor wat nog moet gebeur. Ons het soms ’n idilliese prentjie van hoe Jesus die Nagmaal ingestel het. Ons moet onthou dat dit ’n aand van lyding ook was – dit was NAG.

Oriënteer:
Jesus het met die wete van wat nog sou kom en hoe die dissipels hom sou faal, steeds die Nagmaal as herinnering gee. ’n Herinnering van wat hy nog sou doen – sy liggaam gee.

Bely:
Jesus ken lyding. Hy het vir elkeen van ons die lydenspad gestap. Mag ek in hierdie lydenstyd diep bewus wees van wat dit gekos het – Christus se lewe aan die kruis.

Bid:
Here, dankie. Dankie vir U menswording, Jesus. Vir U lydenspad en die radikale verskil wat dit steeds in ons wêreld bring. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika