Vrydag 26 Maart

Matteus 6:9-13

“en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12)

Om oor te gesels:
Hoe lyk die pad van vergifnis? Wanneer ons kies om te vergewe, is daar ‘n proses. Dit begin met die keuse om te kies vir heling en om te vergewe. Ons erken dat iemand my te na gekom het en vergifnis nodig het. Ons vertel en praat daaroor met mense wat ons vertrou en erken dat ons baie seergemaak is. Om te vergewe beteken nie om te maak of niks gebeur het nie. Vergifnis beteken om die verhouding wat daar was te herdefinieer of te laat gaan, maar steeds die ander persoon altyd menswaardig te hanteer. Wanneer ons iemand vergewe hoef die verhouding nie te wees soos dit altyd was nie. Daar kan of diepte kom of ons kan dinge op ander maniere doen. Vergifnis vind nie plaas as dit eers is soos dit altyd was nie.
Hierdie pad kan niemand namens jou stap nie. Wanneer ons hierdie bede bid, vra ons die Here om ons te help. Dit is ’n aanhoudende proses.

  • Is daar iemand wie jy die proses van heling moet begin?
  • Vir wie kan jy vertel van dit wat jou seergemaak het?
  • Hoe kan jy die verhouding menswaardig herbeskryf.

”Vergifnis verander nie die verlede nie maar verruim die toekoms.” (Paul Briscoe)

Gebed
Hemelse Vader, ek weet dit is moontlik om te kan vergewe. Help my om die pad van heling te stap en so U Naam te eer. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika