Vrydag 26 November

Psalm 103:1-5
Ek wil die Here loof,
met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
2Ek wil die Here loof
en nie een van sy weldade vergeet nie.
3Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
4wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon,
5wat my die goeie in oorvloed laat geniet,
my die jeugdige krag van die arend skenk.

Om oor te gesels en dink:
Dankie sê verander hoe mens na die lewe kyk. Dank en lofprysing gaan hand aan hand. JM Massieu skryf dat dankbaarheid die geheue van die hart is. Wanneer ek daarop fokus om raak te sien wat die Here doen, kan ek nie anders as om Hom te loof nie.
Iemand het gesê: “ons kry nie altyd alles wat ons van God vra nie, maar ons het altyd ‘n rede om vir Hom dankie te sê.” 
Psalm 103 herinner ons om nie een van die Here se weldade te vergeet nie. Daar is so baie om voor dankie te sê en die Dawid noem ’n paar in vers 3-5. “Die Here oorlaai my met al die goeie dinge in die lewe.” (‭‭Psalm ‭103:5‬ DB)

  • Waarvoor kan jy vandag weer vir die Here dankie sê?
  • Watter weldade sien jy raak?

Gebed
Here, ek kan nie anders as om U te loof nie. Dankie vir al U goedheid. Mag ek nooit een van U weldade vergeet nie. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika