Efesiërs 3:18-20
Ek bid ook dat julle, saam met al die ander Christene, sal kan ervaar hoe lief Christus ons regtig het. Sy liefde kan ons nie met woorde beskryf nie: dit is te groot en wonderlik. G’n mens kan dit met sy verstand uitredeneer nie, want dit is baie groter as wat ons as mense is. Maar ek bid tog dat julle so ’n ietsie daarvan sal snap. Mag God julle lewens met sy teenwoordigheid oorspoel sodat daar nie ’n stukkie van julle lewens is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie. God is so magtig en sterk. Juis met daardie krag werk Hy ook in ons. Hy kan en het dinge vir ons gedoen waarvan ons nie eens kon droom nie.(Die Boodskap)
Bekering vra dat ons sal groei in ons geloof
- Baie keer dink ons dat geloof beteken dat ons eers in die Hemel rerig vreugde kan vind.
- As ons weg beweeg van vrees vir God en om sy "straf" te probeer vermy deur goeie werke, kan ons vreugde ervaar.
- Waarlike groei as gelowige beteken dat ek ontdek dat God baie meer vir my en deur my kan doen as wat ek dink.
- Ware geluk is wanneer ek God se groot krag en liefde in en vir my ontdek en raaksien.
- As ek God in als om my en in my sien hoef ek vir niks te vrees. Veral nie vir God nie.
- Ons moet net ons oë op Hom hou.
Om oor na te dink:
- Dink daaraan dat als wat gebeur om ons… en meer, deur God se liefde beheer word.
- Ons hoef niks te verdien maar kan net bakhand Sy liefde en genade ontvang.
- Om waarlik gelowig te leef gaan nie oor wat ons vir God kan doen maar oor of ons besef wat Hy vir ons doen.
- Dan kan ons waarlik vrede vind.
Gebed
- Dankie Heer vir u liefde en vir wat U vir ons gedoen het
- Help ons om al meer te ervaar wat U vir en in ons doen.
-Dankie Heer dat U redding aan ons vrede gee.
Amen.