Vrydag 3 Maart 2023

Psalm 46
1Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. 'n Lied. 2God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. 3Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, 4al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid. Sela 5Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad, in die heilige woning van die Allerhoogste. 6God is daar; die stad sal nie wankel nie. God sal hom help nog voor die môre kom. 7Nasies kan raas en koninkryke wankel, maar as God sy stem laat hoor, smelt die aarde weg. 8Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting. Sela 9Kom kyk wat die Here gedoen het, watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring: 10die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou, pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend, oorlogswaens verbrand Hy met vuur. 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. 12Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.

rou VRAE:

  • Die Psalm skrywer beskryf verskillende situasies. Elke keer herinner hy homself en God se mense aand God se rol binne in daardie omstandighede. Hy sien wie God is in tye van nood, in tye van skok, tye wanneer die politiek dreig, tye wanneer daar druk is en spanning.
  • Watter deel van Psalm 46 is waar wanneer jy skielik skok of rou beleef? Wie is die Here dan vir jou?
  • Watter deel van Psalm 46 is waar wanneer jy oomblikke van wonder beleef? Wie is die Here dan vir jou?
  • Watter deel van Psalm 46 is waar wanneer jy oomblikke van vrees of angs beleef? Wie is die Here dan vir jou?

rou OEFENING:

  • Om hoop te behou in oomblikke wat ons nie vir onsself kies nie, is soms moeilik. Dit kan help om na ander te kyk wat werklik verstaan waar deur jy gaan.
    Maak ‘n afspraak met iemand wat verstaan waar deur jy gaan. Of kontak ‘n professionele persoon om te luister.

rou GEBED:
Here, terwyl ek my siel nooi na stilte, help U my reeds om bewus te word van die feit dat U reeds by my teenwoordig is. Here, seën die stilte en woordelose wysheid wat na my toe kom. Here, gee vir my U liefdevolle optrede in oomblikke van krisis. Mag dit my en ander herinner. God omhels ons. God hou ons veilig. God is lief vir ons. God is lief vir ons. God is lief vir ons.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika