Vrydag 30 Oktober

Spreuke 24:16
16 Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.

Om oor te gesels:
Ons kan nie die storms van die lewe aandurf en dink ons gaan nie struikel en val nie.
As ons ophou om uit te gaan en te leef oor ons gestruikel en geval het, dan mis ons ons lewensdoel.
Ons waarde lĂȘ nie in hoeveel keer ons val nie, maar in hoeveel keer ons opstaan.
God weet ons sal val en daarom is elke struikel en val ‘n leerskool dat ons dit volgende keer anders doen.
Moet jouself nie minderwaardig ag omdat jy in God se opdrag struikel en val nie. Staan net meer maal op as wat jy val en leer uit jou foute.
Moet ook nie ander wat struikel en val veroordeel asof jy nie struikel en val nie. Dit kon jy gewees het. Moedig mekaar eerder aan om telkens op te staan en weer uit te gaan en God se getuies te wees, eerder as om mekaar se struikel en val te gebruik om mekaar af te kraak.

Gebed

  • Here gee my die moed en krag om telkens op te staan as ek struikel en val.
  • Help my Here om nie ander wat struikel en val te veroordeel nie.
  • Help my Heer om telkens met elke val meer te leer van hoe om waarlik vir U te leef.
  • Dankie Heer dat U my tekortkominge ken en my elke keer weer kom optel.
    Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram