Vrydag 4 Augustus 2023

Psalm 1
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
‭‭
Om oor te gesels en te dink
Hierdie week dink ons na oor die Koninkryk van God. Hoe vinnig dit groei versprei en dat ons dit nie kan of moet beheer nie. Ons dink na oor ons eie rol in die Koninkryk en wat dit beteken om as dissipels geroep te wees. Hierdie Psalm vertel van wanneer dit met 'n mens goed gaan. Dat mense wat die Woord dag en nag oordink en op God fokus, soos 'n boom is wat by waterstrome geplant is. Goed geanker, wortel geskiet en gevoed om vrugte te dra. Wanneer daar vrug gedra word, is dit altyd tot groei, verspreiding van die Koninkryk. As ons as dissipels geroep is om verskil in Koninkryk te maak, moet ons na onsself en ons eie geestelike groei omsien. Groei jy? Hoe groei jy? Deur wat te doen groei jy as dissipel?

Gebed
Here, ons weet dit is belangrik om self te groei en ontwikkel. Maar ek dink daar gaan altyd later meer tyd daarvoor wees. Vandag bely ek dat ek op so manier my roeping vir nou mis. Heilige Gees, werk in my. Om te groei as dissipel vir U Koninkryk en gebruik my nou, 2023.  Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika