Vrydag 4 November 2022

Romeine 12:11-12
Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.

Om oor te gesels en dink
Paulus raak prakties in Romeine 12. Omdat ons deur God vrygespreek is en Sy kinders is, leef ons anders. Hy roep die gemeente en ons op om dit sigbaar te maak. Ons moet nie in ons toewyding verslap nie. Ons moet geesdriftig bly deur die Here te dien en ander mense te dien.
Ons leef met hoop en dit moet sigbaar word in ons alledaagse lewe, veral as dit swaar gaan. Ons moet volhard in gebed en altyd sonder ophou bid.
Ons moet medegelowiges help en gasvry teenoor mense wees omdat God se liefde ons dring. Ons doen dit omdat ons dankbaar is vir wat ons ontvang het en deel dit graag met ander.
Dit is nie altyd maklik nie, maar mag God se liefde ons anders laat optree.

Gebed
Here, ek wil U bly dien. Ek verbly my in die hoop, selfs al gaan dit soms moeilik. Help my om steeds te bly bid, doen en U te vertrou. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika