Matteus 6:9-13
“…laat u Naam geheilig word…op die aarde, net soos in die hemel” (Mat 6:9)
“Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”” (1 Pet 1:15-16)
Om oor te gesels:
God se heiligheid nooi ons om soos die Vader ook heilig te leef. Wanneer ons God se Naam op ons lippe neem, kyk die wêreld hoe ons leef. Daarom die aanmoediging dat ons daad by die woord sal voeg en heilig lewe.
Dit vra nie dat ons volmaak moet wees nie, maar ons is afgesonder (geheilig) vir God. Daarom wys ons lewe uit dankbaarheid dat ons Sy Naam eer. God is die Een wat dit moontlik maak dat ons heilig kan lewe, omdat ons reeds Sy kinders is.
Gebed
Heilige Here, ek aanbid U vir Wie U is. U is die Skepper en Onderhouer. U is my Verlosser en my Trooster. Mag ek vandag heilig lewe om daardeur U Naam te heilig. Amen.